The Residents Association of Dana Bay Conservancy We care about our environment
The 2009 Residents Committee
Willie Claassen
Hugo Nieuwenhuizen
Tertius Calitz
Antoinette van Wyk
Gerrit van Biljon
The 2009 Conservancy Committee
Ilona Birch
Toppie Fourie
Hilary Coetzee
Annatjie Verwey
Hildegard Swanepoel
Japie Krige
This Greys Bokkie is a resident of Dana Bay.
MINUTES OF AGM
Notule van Algemene Jaarvergadering gehou op 22.10.2008 om 18h00 in die Gemeenskapsaal van Danabaai.
Die formele vergadering was voorafgegaan deur ‘n baie geslaagde, informele sop/brood en sjerrie “ken mekaar” geleentheid.
1. Die Voorsitter heet almal welkom waarna Ds. Wiehan Geldenhuis open met skriflesing (Paslm 16) en gebed. Tertius Calitz bedank hom.
2. Me. van Rensburg word bedank vir die agtergrond musiek wat sy verskaf het.
3. ‘n Besondere woord van welkom aan Burgemeester, Raadsdame Ferreira wat byeenkoms bygewoon het. Tydens haar kort boodskap bedank sy Danabaaiers vir hul betrokkenheid by omgewing en ander sake van Gemeenskap. Sy noem dat dit wat ons hier het, kosbaar is en dat dit bewaar moet bly. Me. Ilona Birch bedank haar en oorhandig ‘n geskenk as blyk van waardering vir haar bemoeienis met Danabaai.
4. Hierna lig die Voorsitter vergadering in van PetroSA se voorneme om ‘n Drywende Vloeibare Natuurlike Gasaanleg nagenoeg 3 tot 7 kilometers see-in vanaf Vleesbaai op te rig. Die vergadering word versoek dat soveel moontlik van plaaslike inwoners aan die Omgewingsinvloedbepaling moet deelneem. Altesaam sestig (60) aansoeke om te registreer as geaffekteerde en belanghebbende was tydens die vergadering voltooi.
Die Voorsitter onderneem dat aansoeke direk na Ninham Shand gepos sal word vir verdere verwerking.
5. Notule van vorige Vergadering.
Notules van vergadering gehou op 21.11.2007 word goedgekeur.
Sake voortspruitend.
• Danabaai se eie WEBWERF was daargestel en kan besoek word by www.danabayactive.co.za
• Aangesien Bewarea baie bedrywig is met verskeie projekte om bewaring te bevorder en die feit dat die Komitee staatmaak op borge en ander fondsinsamelingsveltogte sal daar net een bankrekening gehou word maar die Tesourier sal deeglik onderskei watter fonds behoort onderskeidelik aan die Bewarea en sake-gedeelte.
6. Report on Conservancy – Ilona Birch.
• A big thank you to all who took part and made donations to the fundependence day that was hosted during May/June 2008.
• Encroachment and dumping of waste is and remains a problem
and is detrimental to our Green Belt Areas.
• Appropriate signage was erected on dustbins at both beach
areas highlighting the adverse effects of littering.
• A few residents took part in the International Beach Clean-up
on 15.09.2008. An estimated 150kg of litter was collected.
• The location of fossil prints was recorded and confirmed by
Archaeologists and Geologists.
• R500.00 was donated to the SPCA and a further R1000.00 to
the Seabird and Penguin Rehabilitation Center.
• A reward of a R1000.00 is on offer for information leading to
the successful prosecution of poachers.
• The Munro Concession Oyster harvesters are still active and are destroying our Mussel and Oyster banks.
• The Committee is actively seeking a total ban on Fire works.
• A successful Outeniqua forum was hosted by Dana Bay Conservancy. The aim was to share ideas from other Conservancies and to discuss suggestions and solutions. The forum was chaired by Cape Nature.
• The Pinnacle Point Community Trust donated a digital projector. They also made funds available to contain erosion at the end of P.Compacta Street.
• Protest was submitted against the proposed I & J Aquaculture project in the Klein Brak area.
Ilona reminded us of the following :-
“WE DO NOT INHERIT THE ENVIRONMENT FROM
OUR ANCESTORS BUT BORROW IT FROM OUR
CHILDREN”
7. Verslag oor Inwonersvereniging – Willie Claassen.
• Die Vereniging het kommentaar gelewer teenoor die oprigting van ‘n Arseen fabriek te Mossdustria. ‘n Besluit was later geneem dat daar nie voortgegaan sal word met die projek nie.
• Kommentaar is ook gelewer tov. die ontwikkeling op erf 6977(Heideweg) dat daar geen verslapping aangaande die beoogde drie verdiepings mag plaasvind nie.
• Werk sal binnekort ‘n aanvang neem om Mossdustria se rioolpypleiding te herlei sodat dit nie meer met die van Danabaai sin in verbinding is nie. Dié is ‘n problem waarmee die Vereniging al etlike jare op ‘n gereelde basis met die Munisipaliteit in kontak is.
• Kommentaar is ook gelewer aangaande die beoogde Droogfontein ontwikkeling waarop onder andere nagenoeg 3000 wooneenhede opgerig sal word. Dit sal die karakter van Danabaai nadelig raak en die huidige infrastruktuur is totaal onvoldoende.
• Fondse is bewillig om die Gemeenskapsaal op te knap en werk hieraan sal binnekort begin.
• Die huidige parkeerarea sal ook aandag kry.
• Gemeenskapsontwikkeling Program (GOP) insette was gelewer.’n Totaal van 38 projekte was ge-identifiseer. Dié items en nuwes wat van tyd tot tyd opduik, sal voortdurend gemonitor word.
• Dit is so dat misdaad te Danabaai nie algemeen voorkom nie. Dit is egter ook so dat ons nie die konsep van goeie Buurmanskap kan verwaarloos nie.
• Alle huidige Bestuurslede word bedank met spesiale verwysing na Johan du Preez wat altyd gewillig is om sy ondervinding met inpakstudies ens. met ons te deel en kundige kommentaar te lewer.
8. Finansiële verslag – Hugo Nieuwenhuizen.
Tans beskik bie Vereniging oor R17246.00 en het ‘n ledetal van 111.
Die Finansiële state was ge-oudit en in orde gevind soos deur Grondwet bepaal.
9. Verandering aan Grondwet.
Voostel dat Artikel 6.4 van die Grondwet, soos gewysig, in geheel as volg vervang word.
“Die lede teenwoordig by die Algemene
Jaarvergadering sal ‘n kworum vorm.”
“The members present at the Annual General Meeting
will constitute a quorum.”
10. Verkiesing van Bestuur.
Inwonersvereniging
Voorsitter. Willie Claassen
Add. Lede. Me. Antoinette v Wyk
Hugo Nieuwenhuizen
Tertius Calitz
Gerrit van Biljon
Bewarea
Voorsitter. Me. Ilona Birch
Add. Lede. Hillary Coetzee
Toppie Fourie
Annatjie Verwy
Hildegard Swanepoel
Japie Krige
Bogenoemde was voorgestel en eenparig verkies.
Die volgende word bedank :-
• Dames wat verantwoordelik was met voorbereiding van sop en ander eetgoed.
• Danabaai Kwekery vir plante en versiering.
• Suzanne Creations –Glase
• Aroma drankwinkel – Sjerrie
• Almal teenwoordig.
10. Gelukige trekkings was gehou en die volgende het ‘n verskeidenheid van pryse gewen:-
• Me. Anita Wright
• Hercules Greyling
• Me. Marietjie Krige
• Me. Ilona Birch
• Max Cramer
• Me. Levina Naude
• Me. Ann du Toit
• Me. Clare Hearne
• Me. Gertruda Swart
Hierna word die vergadering verdaag.