The Residents Association of Dana Bay Conservancy We care about our environment
(Scroll down for English)
Hartwatersiekte onder ons wilde diere.
ONS HET U HULP NODIG!
Die afgelope naweek het Danabaai 'n Grysbokkie's asgevolg van hartwatersiekte verloor. (Ons het die afgelope 2 maande 6 Grysbokkie ramme en 1 ooitjie in totaal verloor – die meeste motorongelukke, net 1 aan hartwatersiekte).
'n Ernstige beroep word op Danabaai se inwoners gedoen om verswakte diere onmiddelik te rapporteer.
Die kondisie van die wildsbokkies en ander wildediere is weens die droogte baie af. Hartwater, 'n baie ernstige siekte is besig om onder ons bokkies toe te neem. Hartwater word na wat ons verneem deur bosluise oorgedra en ons bokkies is oortrek met bosluise. Sou verswakte bokkies egter vroegtydig die nodige mediese sorg kry, is die kanse op oorlewing, groot. Inwoners word derhalwe versoek om op die uitkyk te wees vir verswakte diere. Sou u wel 'n verswakte dier vind, moet nie huiwer nie kontak dadelik vir Deon Prinsloo, die Voorsitter van Danabaai Bewarea by 079 877 3044 of vir Japie Krige by 076 682 5846.
Die droogte in ons streek het nie net 'n groot invloed op ons as mense maar word die wildediere in Danabaai en ander omgewings, ook ernstig bedreig. Vir die eerste keer in jare kom ratels (honey-badger's) uit die groenstroke na die inwoners se tuine. Van die inwoners se tuine loop ook nou meer onder ystervarke deur. Onthou asseblief ons woon in 'n Bewarea en was die wildediere lank voor ons reeds hier.
Inwoners wat teen groenstroke woon kan 'n groot bydrae tot die oorlewing van ons wildediere doen deur waar enigsins moontlik, bakke water vir die diere/bokkies uit te sit. Indien moontlik koop asseblief 'n "LEK" vir bokke by Agri en plaas dit by die water bak. Die lekke bevat aalwyn wat 'n natuurlike teenvoeter vir bosluise is. 'n Lek en water sal die bokkies se kondisie verbeter.
Onthou net, sou jy water uitsit, mag jy nie jou tuinslang gebruik om die bakke te vul nie.
Heartwater Disease killing our Wildlife
WE NEED YOUR HELP!
Heartwater is a disease of domestic and wild ruminant animals. It is common throughout much of Africa. It is caused by a rickettsia micro organism (Cowdria ruminantium) and transmitted by ticks (genus Amblyomma). Heartwater disease is characterized by fluid in the pericardium of the heart, high fever, lung edema, and nervous symptoms that range from mild incoordination and exaggerated reflexes to convulsions seen in acute infections. The course of acute heartwater disease is 2–6 days, and recovery is rare.
Our Grysbokkies are stressed and inundated with ticks due to the hot dry conditions. (Their immune systems, usually naturally resistant, are ineffective when stressed). The Conservancy requests residents to report any sick/injured animals to Deon Prinsloo (Conservancy Chairman) at 079 877 3044 or Japie Krige at 076 682 5846, immediately.
Antelope do not usually “rest” in gardens unless they are extremely ill. If these animals are reported to the Conservancy immediately and taken to receive the necessary medical attention, they are able to survive. Agri has a “lick” specially for antelope. The lick contains Aloe, a natural remedy agains ticks. Please buy this and, together with water, put in our Green Belt Areas.