2011 AJV Notul/AGM Minutes



The Dana Bay Residents Association and Conservancy would like interested parties to use this page as a a forum.  Please send questions, reponses etc to info@danabayactive.co.za.  Your queries will be forwarded to the relevant parties ASAP. 

•1. Air quality matters

  • 1.1 Bad odours, itchy eyes, running noses, sore throats and black carbon all over have been the residents' great concern during the past year. The Association addressed these concerns by meeting with the management of PetroSA and Air Quality Control of Eden District Municipality. Resulting from this an air quality monitoring station will be erected in Dana Bay. This will then give scientific backing for air quality concerns.
  • 1.2 The Association and PetroSA, as neighbours, have agreed to establish a relationship with each other. A delegation of PetroSA was present and Dian Naicker made a presentation on the efforts to establish odourless contaminants. The audience then asked many questions which were answered by the PetroSA delegation.
  • 1.3 It was decided that the residents of Dana Bay would visit the PetroSA site early during 2012 to see the plant for themselves and to ask further questions. The Association will organise this visit in liaison with Nafeesah Abrahams of PetroSA.

 

•2. Report by Conservancy Association

  • 2.1 The Chairman of the Conservancy, Terry Townsend, reported on the achievements of the Conservancy during the past year. These included:
  • 2.1.1 Business cards for committee members.
  • 2.1.2 Pamphlets in post boxes to communicate information to the residents.
  • 2.1.3 Infrared cameras donated by the Garden Route Casino Trust for studying wild life.
  • 2.1.4 Honorary Warders to be appointed by DAFF (Terry Townsend, Dirkie-Marie Lennox, Albert Kok).
  • 2.1.5 Emergency phone that is operated 24/7.
  • 2.1.6 MEP assistance with a student ranger for Dana Bay Conservancy.
  • 2.1.7 Pollution of the air.
  • 2.1.8 Beach erosion.
  • 2.1.9 International beach cleanup executed successfully.
  • 2.1.10 Biodiversity forum incorporating all the coastal conservancies
  • 2.1.11 Droogfontein development into a township around Dana Bay.
  • 2.2 Terry Townsend is to serve on Ward Committee 11 for the next 5 years representing the Conservancy.
  • 2.3 It was proposed that the membership of the Conservancy Committee stays the same for the next year. The meeting agreed. The following persons are therefore the newly elected members:
  • 2.3.1 Terry Townsend as Chairman
  • 2.3.2 Val Smith (Secretary)
  • 2.3.3 Ilona Birch
  • 2.3.4 Colleen Putter
  • 2.3.5 Albert Kok
  • 2.3.6 At Hattingh
  • 2.3.7 Anna-Marie Irven.

•3. Verslag van Inwonersvereniging

  • 3.1 Die Voorsitter van die Inwonersvereniging, Willie Claassen, doen verslag oor die ligpunte en potensiële probleme waaraan die afgelope jaar aandag gegee is.
  • 3.2 Ligpunte
  • 3.2.1 Lelike kragpale langs Floraweg is verwyder - Danabaaiers het saamgestaan.
  • 3.2.2 Aandag word deur die Munisipaliteit gegee aan die Inwonersvereniging se insette vir die GOP. Tony Myles is die Inwonersvereniging se verteenwoordiger op Wykskomitee 11.
  • 3.2.3 Die sypaadjies word skoon gehou.
  • 3.2.4 Beskadigde bankies en vullisdromme word flink herstel. Personeel van die Munisipaliteit doen merkbaar hulle bes om diens te lewer.
  • 3.2.5 Sentek het onderneem om 'n radio- en televisiesender vir laer liggende gebiede van Danabaai op te rig.
  • 3.2.6 'n Kamera, wat die in- en uitgaan by Danabaai gaan monitor, gaan verkry en deur DBS gratis bedryf word.
  • 3.3 Potensiële probleme
  • 3.3.1 Eerste- en Tweedestrand se herstel vorder nie - ten spyte van geld op die begroting. Daar word egter baie gepraat.
  • 3.3.2 Op- en aflaai van werkers by Louis Fourieweg - beplanning vir 'n langtermyn oplossing, langs 'n toekomstige verlenging van Floraweg na die N2 industriële gebied, is aan die gang.
  • 3.3.3 'n Voorgestelde massiewe stortingsterrein, vir alle dorpe langs die tuinroete se vullis vir 50 jaar, op Danabaai se drumpel.
  • 3.3.4 Bourommel storting regoor Aslapark wat die voorloper kan word vir 'n groter stortingsterrein.
  • 3.3.5 Honde op die strande wat die bedreigde Tobies se kuikens doodmaak.
  • 3.4 Die Voorsitter van die Inwonersvereniging is na vier jaar as voorsitter, volgens die Grondwet, nie weer herkiesbaar nie. In sy plek word Marie de Klerk as voorsitter gekies.
  • 3.5 Die lede van die Inwonersvereniging se komitee wat hulself weer beskikbaar gestel het om herkies te kan word, word herkies. Die volgende persone is dus die verkose lede:
  • 3.5.1 Marie de Klerk as Voorsitter
  • 3.5.2 Antoinette Van Wyk (Tesourier)
  • 3.5.3 Santie Kemp
  • 3.5.4 Tony Myles
  • 3.5.5 Vossie Vorster
  • 3.5.6 Hennie de Swart
  • 3.5.7 Philip Meiring

•4. Finansiële verslag

  • 4.1 Die Tesourier, Antoinette van Wyk, verduidelik die finansiële verslag vir die afgelope jaar. Die state is gekontroleer deur 'n onafhanklike persoon wat die redelikheid daarvan bevestig het. 'n Verlies van R1355.00 is gely.
  • 4.2 Aan die hand van die afgelope aantal jare se verliese gely, versoek die Voorsitter die vergadering om die ledegeld vir 2013 met R15.00 na R40.00 per jaar te verhoog. Dit word goedgekeur.
  • 4.3 As verdere maatreëls om die verlies te beperk word aanvaar dat die ledetal verhoog moet word en dat die amptelike posbus gestaak word. Die amptelike adres van die Vereniging word nou die e-pos adres, naamlik info@danabayactive.co.za soos op die Vereniging se webwerf aangedui.

•5. Photo competition

The prize awards for the very successful photo competition were made to the top twelve entrants. Their photos are also incorporated in a Conservancy calendar for 2012.

•6. Afsluiting

  • 6.1 Die gehoor word bedank vir hulle teenwoordigheid en die volgend persone of organisasies vir hulle welkome bydraes:
  • 6.1.1 Danabaai Drankwinkel vir al die sjerrie en wyn.
  • 6.1.2 Danabaai Kwekery vir die pragtige plante.
  • 6.1.3 Danabaai Dienssentrum vir die gebruik van hulle skottelgoed.
  • 6.1.4 Danabaai OK vir die sjokolade wat deel uitmaak van die geskenkies.
  • 6.1.5 Antoinette van Wyk en Betsie Burger vir die pragtige uitstalling van die bokkie voor in die saal.
  • 6.1.6 Al die dames wat die toebroodjies gemaak het.
  • 6.1.7 Dorman Donald vir die nagaan van die finansiële state.
  • 6.2 Die verrigtinge sluit om 20:30.