SAVE WATER - SPAAR WATER!



 WEEKLY WATER BULLETIN NO 23

PLEASE JOIN THE COMMUNITY IN PRAYING TOGETHER FOR RAIN AT 12:00 EVERY WEDNESDAY

The following is an update on the water situation in Mossel Bay for your information:

• No significant rain fell in the catchment area of the Wolwedans Dam during the past week. However, as a result of a continued inflow of water following the good rains that fell in October 2010 the level of the dam rose to 29,8% in the course of the week. It dropped slightly to about 29,1% on Thursday, 4 November 2010. The lower than normal drop is due to a planned strategy to conserve the dam's water and to use as much water as possible from other sources such as boreholes and the smaller Hartebeeskuil and Klipheuwel Dams in the meantime.

• Positive developments during the past week with regard to the development of additional water sources were the arrival of heavy equipment from Spain, which is keeping the desalination project on track for first water in mid-December 2010 and full production of 15 megalitres per day in February 2011. Another excellent borehole strike at Kleinbos near Friemersheim with a blow yield of an excellent 30 litres per second at a depth of 103 metres was achieved. Several other boreholes are in various stages of completion and it is estimated that 3,76 megalitres a day will be available to the Municipality from this source.

• The average water consumption for October 2010 was 12,3 megalitres a day compared to 13,2 megalitres a day in September 2010 and the average consumption of 14,2 megalitres a day since January 2010. The October 2010 consumption also represented a saving of 38,7% compared to October 2009, when water restrictions had already been introduced, and a saving of 54,3% in October 2008 prior to the imposition of the water restrictions. Mossel Bay has achieved the best savings of all Municipalities in the region and I would like to thank consumers for their co-operation and continued support in this matter.

It must be emphasised that the situation remains extremely serious and that the existing water consumption limits as well as restrictions need to be adhered to until further notice.

DR M GRATZ, MUNICIPAL MANAGER

SLUIT ASSEBLIEF BY DIE GEMEENSKAP AAN EN BID VIR REËN ELKE WOENSDAG OM 12:00

Die volgende is om u op die hoogte te bring oor die watersituasie in Mosselbaai:

• Geen beduidende reën het die afgelope week in die opvangsgebied van die Wolwedansdam geval nie. Vanweë die goeie reën wat in Oktober 2010 geval het, het water steeds in die dam ingevloei, en het die vlak in die loop van die week tot 29,8% gestyg. Teen Donderdag, 4 November 2010, het die vlak effens tot 29,1% gedaal. Die laer as gewone daling was weens ‘n beplande strategie om die dam se water te spaar, en intussen water uit ander bronne, soos die boorgate en die kleiner Hartebeeskuil- en Klipheuweldamme te gebruik.

• Positiewe ontwikkelings die afgelope week met betrekking tot die ontwikkeling van bykomende waterbronne was die aankoms van swaar toerusting uit Spanje om die seewaterontsoutingsprojek op skedule te hou vir eerste water in mid-Desember, en volle produksie van 15 megaliter per dag in Februarie 2011. Nog uitstekende resultate is behaal met ‘n boorgat by Kleinbos naby Friemersheim. Die gat het ‘n uitstekende blaaslewering van 30 liter per sekonde op ‘n diepte van 103 meter behaal. Verskeie ander boorgate is in verskillende stadiums van voltooiing, en die Munisipaliteit sal na raming 3,76 megaliter water per dag uit hierdie bron kry.

• Die gemiddelde waterverbruik in Oktober 2010 was 12,3 megaliter per dag, vergeleke met 13,2 megaliter ‘n dag in September 2010, en die gemiddelde verbruik van 14,2 megaliter ‘n dag sedert Januarie 2010. Die verbruik in Oktober 2010 het ‘n besparing van 38,7%, vergeleke met Oktober 2009, behels toe waterbeperkings reeds van krag was, en 54,3% in Oktober 2008 voor die instelling van waterbeperkings. Mosselbaai het die beste besparings van al die Munisipaliteite in die streek getoon, en ek wil verbruikers graag bedank vir hul samewerking en voortgesette ondersteuning in hierdie verband.

Dit moet beklemtoon word dat die situasie steeds uiters ernstig bly, en dat die bestaande perke vir watergebruik asook beperkings volgehou moet word tot verdere kennisgewing.

DR M GRATZ, MUNISIPALE BESTUURDER

SAVE WATER _ SPAAR WATER _ YONGA AMANZI